Eloff Muller 082 416 6518 / Stephen Muller 073 456 8003


Namens Tambaraine Bonsmara wil ons graag almal bedank wat deel was van ons Produksieveiling
Vrydag 9 Oktober 2026 -
Bona Bona Game Lodge Wolmaransstad.
Baie geluk aan Tigane Bonsmaras - Beyers Boerdery (H & E Beyers Pty Ltd) & Theres Bonsmaras (J.A. Pienaar Boerdery) met die aankope van onderskeidelik Lot 6 TM 23-20 & Lot 8 TM 23-22 teen die hoogste pryse van R190,000 & R250,000. Ons glo en vertrou hierdie twee bulle gaan al julle verwagtinge oortref en ‘n groot verskil maak.
Ons streef daarna om sulke bulle te teel by Tambaraine Bonsmara.
Dit is twee uitsonderlike bulle met baie potensiaal en uitstekende genetika.
Lot 4 TM 24-6 is verkoop aan Moalosi Bonsmara (Duncan Serapelwane) teen R130,000. Hy is voorwaar die Moderne Vleismasjien met die fokus op Groei en Karkas. Baie geluk met jou aankope.
Lot 10 TM 23-18 is verkoop aan Hugo Viljoen (Hugo Viljoen) teen R170,000. Hy is ‘n Robuuste bul gebou vir Afrika. ‘n Toonbeeld van manlikheid met goeie bespiering. Baie geluk met jou aankope.
Dankie aan al die kopers, gasverkopers, Skatkis Bonsmaras & HOT BONSMARAS medetelers, die Meerkat Online Auctions span, Johan van der Nest, Bona Bona Game Lodge span, ons borge asook die hele Andre Kock En Seun span - in besonder Malcolm Kock en Johannes de Beer.
Tot volgende jaar…
Tambaraine Bonsmara





We would like to thank all who attended and/or participated, whether in person or online, at the Southern Cape Bonsmara Club Auction last week in George.
A special thanks and congratulations to Nic Chapman (Chappies Bonsmara) from Thabazimbi who bought Lot 1, TM22-18 for the highest price R170,000 from Tambaraine Bonsmara.
This LAR17-339 son truly is something special.
A feast for the eyes, any cattleman’s dream.
We believe that this impressive herd sire will make a great impact and exceed your expectations.
Lot 7, TM23-7 (also an impressive LAR17-339 son) was bought by Gerrit Meyer (Meyer Bonsmaras) for the second highest price of the day, we thank you for your support.
We at Tambaraine Bonsmara strive to bring you the very best by only selecting top genetics in our breeding program. Farming in the Southern Cape has its challenges with the great distance from the northern parts of South Africa, but SwiftVee truly has this challenge covered.
Be sure not to miss the next Tambaraine Bonsmaras on offer.
We will keep you posted…

Suid-Kaap Bonsmaraklub Prestige Veiling.
Donderdag 25 September 2025, 11:00 Outeniqua Veilingskompleks George.
Kom woon die dag saam met ons by of registreer op Swiftvee se webtuiste.
LOT 1
TM 22-18
Tambaraine Bonsmara bied met trots aan TM 22-18. (Gratis aflewering in SA vir hierdie spesifieke stoetbul op koper se risiko.)
‘n Goed gebalanseerde bul met besonderse lengte wat aangevul word met goeie diepte, kapasiteit en borsdiepte.
‘n Bul met n goeie onderlyn en perfekte stertwortel aanhegting, wat gemaklik beweeg met besonderse goeie kloue en hoefdiepte.
Miostatien skoon.
TM 22-18 het besonderse karkas eienskappe met sagtheid wat bo gemiddeld is.
Sy lengte hoogte verhouding is ook die ideaal waarna gestreef word.
Ander teelwaardes wat uitstaan is Vrugbaarheid, GDT, Voeromset en Koeiwaarde.
Om op te som goed gebalanseerde teelwaardes.
Hierdie bul is gereed om ‘n groot verskil in enige kudde te maak.
Sy moeder AG 11-65 met n TKP van 367 oor 12 kalwers met n gemiddelde speenindeks van 103 praat vir haarself.
Sy Vader LAR 17-339 is een van die mees bekende bulle in die Bonsmara bedryf.
Navrae:
Eloff Muller - 082 4166 518
Stephen Muller - 073 456 8003








LOT 5
TM 23-3
‘N Donker Rooi dik bul met uitstekende bouvorm.
Die ideale bul vir speenkalf produksie.
Miostatien skoon.

LOT 7
TM 23-7
‘n Manlike, goed gebalanseerde harde bul met baie goeie kloue.
Miostatien skoon.

