top of page

Landbou Weekblad

Deur Charl van Rooyen

21 Maart 2024

Bonsmara-veiling: Nog ’n SA rekord verpletter

IMG_9122.jpg
Media: Our Farm
IMG_9123.jpg
Media: Our Farm

ProAgri

Bianca Henning

14 Maart 2024

Bonsmara SA sluit 60 jaar vieringe af op 'n hoë noot met puik Nasionale veiling.

Die Bonsmara-ras het geen bekendstelling in Suid-Afrika nodig nie en is een van die vooruitstrewende beesrasse tans in die land. Die Bonsmara-ras beskik oor verskeie eienskappe wat boere kan help om in kompeterende tye vir optimale wins te boer.

Die Bonsmara ras is een van die rasse met die mees geregistreerde diere landswyd, asook die meeste produksieveilings wat jaarliks gehou word en die ras wat die meeste bulle jaarliks verkoop.
Die week van 11 tot 13 Maart 2024 het Bonsmara SA hulle 60 jaar herdenking te Parys, Vrystaat gevier met ‘n bedrywige week vol verrigtinge en uiteindelik die week op ‘n hoogtepunt afgesluit met die jaarlikse Nasionale veiling. Die adrenalien het hoog geloop in ‘n volgepakte veilingslokaal, met kopers wat die lotte met die hand uitgesoek het en presies geweet het wat hulle wil hê!
Louis Steyl, hoof uitvoerende bestuurder van Bonsmara SA meen: “Vir Bonsmara SA is dit uiters belangrik om die gehalte wat oor die jare opgebou is deur die genootskap en teler te handhaaf en net die beste aan die mark te bied. Ons is baie dankbaar vir ‘n goeie veiling, ten spyte van die uitdagende omstandighede wat boere tans in die gesig staar, gee die goeie uitkoms van vandag ons weer hoop en maak ons opgewonde oor die ras en die toekoms van Bonsmara SA.”
Die beste van die beste was tydens die veiling aangebied deur stoettelers van regoor die land, van die Noorde tot die Suide! Die toekoms van die Bonsmara-ras lyk blink en was weereens ‘n toonbeeld van die ras se vooruitgang by die 2024 Nasionale veiling met spogpryse vir diere wat op die dag behaal is.

IMG_9082.JPG
Media: Our Farm
Media: Our Farm
IMG_9104.JPG
Media: Our Farm

ProAgri

Natasha Pansegrouw

16 Maart 2023

Nasionale Bonsmara veiling skitter weereens met mooi rooi diere en rekordpryse

‘n Jaarlikse hoogtepunt op die Bonsmara kalender is die Rooi Ras geleentheid asook die Nasionale Bonsmara veiling. Hierdie twee top geleenthede sorg elke jaar vir baie opwinding onder Bonsmara-liefhebbers.

Op 15 Maart 2023 was die jaarlikse Nasionale Bonsmara veiling aangebied te Parys Afridome. 

”Om met Bonsmara-beeste te teel is jou beste weddenskap vir ‘n werklik merkwaardige uitverkoping,” het afslaer Mike Killasy voor die Nasionale Bonsmara SA-veiling voorspel, weens die hoë gehalte van die beeste wat aangebied word.

“Ons het die dag afgeskop met die Rooi Ras geleentheid, en telers het van regoor die land gekom om aan die veiling deel te neem,” sê Louis Steyl, uitvoerende hoof van Bonsmara SA. Dr. Frans Cronjé het vir almal by die vergadering wat aangebied was by Stonehenge River Lodge, voor die veiling, ‘n paar bemoedigende woorde oor Suid-Afrika se toekoms gegee. Louis sê dat Braam Malherbe ook vir almal teenwoordig meer geleer het oor motivering en hoe om jouself as boer uit te daag.

Nasionale Bonsmara veiling uitslae

“Die pryse wat op vanjaar se Nasionale veiling behaal is, weerspieël die hoë gehalte van die diere,” sê Louis trots.

Nuwe nasionale rekord vir ‘n dragtige vers

Die duurste dragtige vers, en ook ‘n nuwe nasionale rekord, Lot 41, was verkoop vir R260 000 aan Eloff Muller van Tambaraine Boerdery, vanuit die welbekende teling van Up George Bonsmaras. Louis spreek dankbaarheid uit teenoor Vleissentraal en die Swiftvee-span vir die aanbied van ‘n suksesvolle veiling en aan ProAgri vir die bevordering van die geleentheid.

ProAgri.jpeg
Media: Our Farm


Landbou Weekblad

07 April 2022

Bonsmaras verf Parys rooi

Bonsmara SA het sy jaarlikse Rooi Dag-byeenkoms by die Stonehenge River Lodge en by die Afridome op Parys gehou. Die verrigtinge het 'n raadsvergadering, konferensie en die nasionale veiling behels. Dit is deur 'n paar honderd telers bygewoon.

Die nasionale veiling is deur Vleissentraal aangebied. 

Foto Regs Onder:

Van links is mnr. Derek en me. Tutu Ralfe van Up George Bonsmaras, Wasbank (verkoper van die duurste vroulike dier vir R550 000), mnre. Mike Killassy (afslaer), Stephen en Eloff Muller van Tambaraine (Edms.) Bpk., Mosselbaai (koper van die duurste Bonsmara), Louis Steyl (hoofbeampte van Bonsmara SA) en Anton Vos (uitvoerende voorsitter van Vleissentraal). Foto: Vleissentraal

IMG_1298.JPG
Media: Our Farm


Landbou Weekblad

Deur Charl van Rooyen

18 Maart 2022

Twee SA rekords spat op nasionale Bonsmara-veiling

IMG_1223.jpg

Twee Suid-Afrikaanse rekords is deur vroulike diere opgestel tydens die nasionale Bonsmara-veiling wat in die Afridome op Parys gehou is.
Die hoogste prys van R550 000 vir 'n drie-in-een ('n dragtige koei met 'n kalf) wat deur Up George Farms van mnre. Derick en Tutu Ralph van Wasbank aan Mnr. Eloff Muller, Tambaraine (Edms) Bpk van Mosselbaai, verkoop is.

Media: Our Farm


Vleissentraal

16 Maart 2022

SA REKORDS spat by Nasionale Bonsmara Veiling aangebied deur Vleissentraal.
Vleissentraal Bloemfontein het op 16 Maart 2022 met trots die Nasionale Bonsmara Veiling te Afridome, Parys, aangebied.
Die duurste 3-in-1 Koei met kalf van UP George Bonsmaras (Derick en Tutu Ralph) was teen 'n SA REKORDPRYS van R550 000 aan Eloff & Stephen Muller van Mosselbaai, verkoop.

Vleissentraal Groepfoto.jpeg
Media: Our Farm


Landbou Weekblad

Deur Fredalette Uys

 23 Julie 2021

Bonsmarabul verkoop vir R1,5 miljoen

IMG_9498.jpg

’n Bonsmarabul van Up George Bonsmaras is dié week vir R1,5 miljoen opgeveil.
Dieselfde stoetery het in 2018 die rekordprys vir ’n Bonsmarabul behaal toe die bod op R1,8 miljoen toegeslaan is. 
Die bul, Lot 8 LAR17-339 van mnre. Derek en Tutu Ralfe, is tydens die 23ste Up George Bonsmara-produksieveiling wat op 22 Julie in die distrik Wesbank in KwaZulu-Natal gehou is, verkoop aan Tambaraine van mnr. Eloff Muller van Mosselbaai.
Volgens die afslaer, mnr. Brandon Leer, is die bul ’n ongelooflike dier in sy eie reg, maar wat die bul nog spesialer maak, is sy stamboom. “Sy moeder het vir bykans R300 000 verkoop en het nog wonderlike bulle geproduseer, en die vader en van sy broers is ook vir hoë bedrae by veilings verkoop. Dit is ’n kombinasie van ’n spesiale dier en sy stamboom wat dié pakket so uniek maak.”
Tambaraine het ook die top-koei-en-kalfkombinasie, Lot 85 LAR09-236, teen R300 000 aangekoop. “Dit was ’n uitsonderlike veiling met ’n uitsonderlike stel beeste wat aangebied is, en ons wil die kopers bedank en ook vir Up George Bonsmaras gelukwens.”
Die veiling sou op 2 Julie plaasvind, maar moes weens die strenger inperkingsmaatreëls wat einde Junie deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, uitgestel word.

Media: Our Farm
bottom of page